Kabous en Luane

Die bruidlof van

Kabous Boshoff & Luane Jelliman

Saam hul families

Saterdag, 21 Oktober 2028 · Cradle Valley

Ons trou!!!

Kom vier saam met ons die liefde, die vreugde en ons groot dag!

--Dae
--Ure
--Minute
--Sekondes
Kabous en Luane op 'n piekniekkombers

Ons storie

Van Koer tot by die Kansel

Ons weet dit is eintlik God se tyd…

So het elke pot sy deksel… en ons glo met ons hele hart dat ons Hemelse Vader reeds geweet het hoe ons paaie moes kruis. Met woorde wat ontvang is en gebede wat opgestuur is, het Hy ons op Sy tyd by mekaar uitgebring. Wat op ’n dating app genaamd Koer begin het, het deel geword van ’n veel groter plan.

Luane het Kabous drie keer wegge-koer, maar toe hy vir die vierde keer verskyn, het sy gedink: “Kom ek gee hom net ’n kans.” Hy het haar teruggekoer, en op 20 Oktober 2024 het ons begin gesels.

Presies 23 dae later, op 12 November 2024, op pad huis toe in die kar, vra Kabous vir Luane om sy meisie te wees. Haar eerste reaksie? “Is dít nou hoe jy my uitvra om jou meisie te wees?” Maar tussen die lag en verbasing was daar geen twyfel oor haar antwoord nie: “Ja!”

Die tyd het verbygevlieg, ons liefde het gegroei, en later het Luane begin vermoed dat Kabous dalk iets in die mou voer. Op 16 Desember 2025, met baie min woorde maar ’n hart vol liefde, het Kabous haar gevra om vir altyd saam met hom te wees en sy vrou te word. Hierdie keer was daar geen vrae en geen twyfel nie — net ’n baie groot “JA!”

Nou stap ons saam die volgende hoofstuk van ons verhaal binne: die huwelik. Nie net as twee mense wat mekaar gevind het nie, maar met die vaste geloof dat God ons na mekaar toe gelei het. Met Hom as die middelpunt van ons huwelik sien ons uit na ’n leeftyd saam.

Van Koer tot by die Kansel — en van daar af, vir altyd. 🤍

Diedag

Alles vind op Cradle Valley plaas, so julle hoef nie tussen plekke rond te ry nie.

15:00

Seremonie

Wees asseblief 14:45 gesit.

16:30

Drankies & canapés

18:30

Ete & dans

24:00

Saal sluit

Die kampvuur brand egter die hele nag deur — bly so lank as wat julle wil.

Voeg by jou kalender

Reis & verblyf

Hoe om daar te kom

Aanwysings

Cradle Valley
12 R374, Zwartkop, Muldersdrift, 1739

Lanseria-lughawe is omtrent 20 km weg (sowat 20–25 minute ry). Van OR Tambo is dit omtrent 60 km, sowat ’n uur afhangend van die verkeer.

Waar om te bly

Cradle Valley het self kamers en suites op die perseel, ook gekoppelde suites vir gesinne. Bespreek direk by hulle – hoe vroeër, hoe beter.

Sien verblyf

Goed omte weet

’n Paar praktiese dingetjies sodat julle die dag sonder sorge kan geniet.

Wees 14:45 gesit

Die seremonie begin stiptelik om 15:00. Kom gerus ’n bietjie vroeër en kry julle plek reg.

Parkering

Veilige parkering is by die venue beskikbaar. Marshalls sal julle wys waar om te parkeer.

Kinders

Kinders is welkom — kyk net wie op julle uitnodiging staan, dit wys vir wie ons plek gehou het.

Krag

Die venue het ’n noodkragopwekker, so beurtkrag gaan nie ons aand bederf nie.

Ry veilig

As julle nie by Cradle Valley oorslaap nie, reël asseblief vooraf ’n veilige rit terug huis toe.

Drag

Semi-formeel, net swart of wit — ons wil hê die foto’s moet tydloos lyk. Die seremonie is buite op gras, so hou dit in gedagte met julle skoene.

RSVP voor 1 Augustus 2028

Kom jysaam fees vier?

Geskenke

’n Bydrae tot ons wittebrood

Dat julle daar is, is vir ons die grootste geskenk. Vir wie graag iets wil gee: ons spaar vir ons wittebrood, en enige bydrae — groot of klein — beteken vir ons baie.